Bloukraan Voëls is Vandag Vrygelaat na ‘n Tyd in Kwarentyn

Vandag was ‘n besonderse dag en ons pluk die eerste vrugte na meer as ‘n jaar.
Die Vriende van die Austin Roberts Voël Reservaat is in Mei 2021 gestig.
Een van ons doelwitte was om ‘n nuwe paar Bloukraanvoëls vir die Reservaat aan te koop.

Johan Billman en sy vennoot Zander (albei van die Blue Crane Restaurant) wat op die komitee dien het ‘n golf kompetisie gereël en fondsinsameling gedoen om twee nuwe Bloukraanvoëls aan te koop.

Die voëls is vandag vrygelaat na ‘n tyd in kwarentyn.
Heelparty van die stadsraad se amptenare was vandag teenwoordig.
Op die fotos is van links na regs:
Thinus Prinsloo, Waarnemende Direkteur by Tshwane Natuurbewaring.
Raadslid Anne-Marie Sparg, Voorsitter van die Vriende van Austin Roberts Voël Reservaat,
Cedric Thenga, Waarnemende Adjunk-direkteur Tshwane Natuurbewaring en
Abel Malaka Groepshoof Omgewingsake en Landbou.
Baie dankie vir al julle instette en bystand om die voëls hier te laat tuis voel.

From left to right:- Thinus Prinsloo Director Nature Conservation, Cllr Anne-Marie Sparg, Abel Malaka Group Head Nature Conservation, Cedric Thenga Deputy Director Nature Conservation.

#Bloukraanvoël
#BluecraneRestaurant
#bloukraanvoël
#bluecranerestaurant

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *